Ubi Caritas et Amor
Waar daar liefde en deernis is…

Welkom aan elke ouer wat ʼn stap in die regte rigting neem ten opsigte van u kind se vroeë kinderontwikkeling by Ubi Caritas Kleuterskool.

ʼn Kind wat geliefd is, is ʼn gelukkige kind wat ʼn lus vir die lewe ontwikkel. Ons strewe daarna om ʼn positiewe selfbeeld by elke kind te ontwikkel en elke kind sy/haar plekkie in die son te laat vind.

ʼn Kind leer deur spel en deur aktief deel te neem aan sy/haar leerproses. Dit is ons doelwit om klem te lê op LEER deur te SPEEL! Sodoende verseker ons dat ons kinders ʼn positiewe konnotasie heg aan leer en steeds kind bly in die proses.

Om te verseker dat elke lyfie hul verdiende aandag kry, konsentreer ons op klein klassies (slegs 12 leerdertjies per klas), ʼn holistiese benadering ten opsigte van ontwikkeling en individuele aandag aan elke leerder.

Die doelwit van ons dagprogram is om entoesiastiese leerdertjies te vorm en ʼn lus vir lewe te ontwikkel. Daarom word ons leerdertjies gemotiveer om te eksperimenteer, ondersoek en nuwe idees uit te probeer. Ons speel-leer aktiwiteite fokus verder op ontwikkeling van motoriese vaardighede, emosionele en sosiale ontwikkeling asook visuele en ouditiewe persepsie.

Ons sien saam met u uit na ʼn positiewe band en spanwerk tussen skool, ouer en kind om sáám u kind te begelei tot bereiking van sy/haar optimale potensiaal!

Rochelle Swart
Bestuurder – Ubi Caritas Kleuterskool

Terug Terug na bo