Dit is vir ons belangrik dat onderrigtyd optimaal benut word om te verseker dat leerders hul mylpale bereik en ook om vaardighede en kennis in te win wat hulle die res van hul lewe saam sal dra. Daarom is die kurrikulum sorgvuldig saamgestel om aan al die leerders se behoeftes te voorsien.

Die kurrikulum wat gevolg word is saamgestel uit die Kurrikulum Assesserings Beleidsverklaring (KABV). Die volgende aktiwiteite word by die kurrikulum ingewerk: Swemlesse, Monkeynastix, Balvaardigheid, Kookkuns, Skeppende aktiwiteite, Musiek, Dans en Sang word aangebied.

Daar word aan leerders verskeie opsies van aktiwiteite gebied waarmee hulle kan eksperimenteer in vryspelperiodes binne en buite die klaskamer. In hierdie tyd is die leerders in beheer van wat hulle wil leer. Dit maak die leerproses soveel meer effektief en meer onvergeetlik.

Met ons kurrikulum, vryspelperiodes en leerterapie poog ons om die volgende te bereik:

Psigo-sosiaal

  • Om leerders gemaklik te laat voel in die skool omgewing
  • Sekuriteit en geborgenheid te laat beleef
  • Vriende te maak en om te voel dat hulle deel van ʼn groep is
  • Om leerders te help om ʼn goeie selfbeeld te ontwikkel
  • Suksesbelewing te ervaar
  • ʼn Positiewe gesindheid te ontwikkel

Kognitief:

  • Leerders die kans gee om met hulle eie idees te eksperimenteer
  • Probleme op te los
  • Die nodige woordeskat te gebruik om hulle idees uit te druk

Motories:

  • Om leerders se groot- en fynmotoriese vaardighede te ontwikkel
  • Hulle positief te laat voel oor dit wat hulle liggaampies kan doen
  • ʼn Positiewe liggaamsbeeld te ontwikkel

Sensories:

  • Om leerders se sensoriese integrasie ontwikkel (taktiel, visueel, ouditief, reuk, smaak) 
Terug Terug na bo